Verantwoording

Verantwoording

Moet vir geen oomblik dink dat ek só slim is om die teks van hierdie webtuiste alleen te kon skryf nie. Ek is bloot die vertaler van dit wat oorspronklik reeds in Engels, en op ander webtuistes, verskyn het. Waarom sou ek dan die wiel van meet af weer wil uitvind? Ek is baie dankbaar vir al die wonderlike Urantia-webtuistes wat vir my die afgelope jare so baie geleer het!

Die Urantia Verhandelinge is vir my ’n groot bron van wysheid, lewensblyheid, goedheid, skoonheid, en waarheid. Dit het vir my rigting in my aardse bestaan gegee en ek deel dit wat ek geleer het graag met alle soekers na sin en rigting en … die Bron en Middelpunt van Alle Dinge.

Hiernaas volg skakels wat jou sal lei na webtuistes waar jy meer te wete mag kom omtrent die besonderse inhoud van Die Urantia Boek. Meeste van my vertalings is afkomstig vanaf hierdie webtuistes. Sodra ek “slim” genoeg is sover dit HTML-verwysings aanbetref, sal ek die betrokke oorspronklike Engelse weergawes vir die besoeker aandui.

Tans is ek ook besig met die vertaling van Die Urantia Boek in my moedertaal, Afrikaans. Na gelang die verhandelinge in Afrikaans voltooi word, sal dit op hierdie webtuiste geplaas word. Intussen is die volledige teks ook beskikbaar op verskillende webwerwe in Engels. Indien enigiemand behulpsaam wil wees met hierdie grootse vertalingsprojek, laat my weet van jou voorneme en in watter mate jy graag behulpsaam sal wil wees. Kontak my by boekvandieaarde@gmail.com

Laastens! Hierdie webtuiste is n privaat inisiatief en nie verwant aan enige van die hoof webtuistes soos die Urantia Stigting (Urantia Foundation) of die Urantia Boek Genootskap (Urantia Book Fellowship), Truthbook.com, of Urantia Now, nie, ofskoon ons almal ’n gemeenskaplike doel voor oë het, naamlik, die bevordering van die weergalose leringe soos vervat in Die Urantia Boek…die Boek van die Aarde.

Die Skakels:

10 Belangrike Webtuistes

Die Urantia Boek Genootskap http://www.ubfellowship.org/

Urantia Now http://www.urantianow.com

Urantia Stigting (die Foundationhttp://www.urantia.org/

Simple Man’s Urantia Book http://www.simplemansub.info/

TruthBook.com http://www.truthbook.com/index.cfm

Urantology http://www.urantology.org/

UBtheNEWS http://ubthenews.com/

The Urantia Book Historical Society http://www.ubhistory.org/

Urantia Association International http://urantia-uai.org/

Square Circles Publishing http://squarecircles.com/

TheoQuest http://www.theoquest.com/

Urantia Lesers Internasionaal http://www.urantiari.org/index.htm

Let wel: Hierdie spesifieke bladsy is lank nie volledig nie. Kom loer dus elke wan en dan weer vir opdaterings.

Alles van die beste met jou soeke na sin en waarheid, skoonheid en goedheid!

’n Geloofseun

Posted in Uncategorized | Tagged | Leave a comment